onder in my verfkwas-glas
lê ‘n lagie vaal-grys-as
kleure wat eens helder was
ek sal vir jou wag
agter my bly die pappagaai-bont
berge lê en jou bloedrooi mond
mooi soos kalahari-grond
lê by my op my kombers-se-bont
Ja, kom lê langs my, kleur my in
geel, blou groen en pers
krul my toe in jou wolkombers
sing vir my ‘n liefdesvers.
Leave a Reply