KONFETTI EN DIE VOËLTJIE

vanaand dink ek terug aan ’n troue, baie ver terug in die 80’s toe ek so 11 of 12 jaar oud was.
Dit was ’n tannie of ’n ding wat getrou het, in die moederkerk. Dit was mooi.
Ek onthou ek moes die mandjie met die konfettie dra en as die bruidspaar by die kerk uitkom het die mense hande vol konfettie gevat en gegooi.
O dit was mooi. Daai kleure en die bruid se rok en my aangetrek soos ’n magneet. Ek het met oopmand gestaan en staar na haar rok, haar hare, die ring, die knopies en linte.
My broer, die ander strooijonker, was min getraak.
Hoe kan ’n troue so mooi wees? het ek gewonder
O, as ek net daardie rok kan aantrek, het ek gefluister
O, as die mense tog ook sulke rolletjies konfettie oor my wil strooi,
wat soos lang linte in die wind waai, het ek gewens.
Daar voor die kerkdeur net duskant die trappies het ek met ’n mandjie konfettie gestaan
en droom oor ’n prinses wees. ’n Regte Egte prinses.
My ouma het dit gesien en gesmile. Sy het selfs vir my ’n rolletjie rooi en pers konfetti in my
sak kom druk. Dit was soos goud in my broeksak.

So, meteens terwyl ek my verbeel ek is die prinses, hoor ek my ma sê: “nee man, maak toe jou mond. Moenie so met ’n oopmond die bruid staan en aankyk nie. Jy lyk vertraag.”
My pa wou weet wat met my aangaan.
My ma is bekommerd oor my oop mond

My ouma glimlag en knipoog vir my. En daar in die boom sien ek die mooiste, blinkste voëltjie
met sulke kraalogies wat vir my oogknip. En toe weet ek dat ek nie alleen is nie.

Ek vat toe ’n rolletjie kofettie, gooi dit in die lug op en dit rol oor my kop oop, totdat ek soos
’n prinses staan, ’n regte egte prinses.
Soms, net soms, moet ons onself maar prinsesse maak, die ander sal nie verstaan nie.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: