PASMAAK-KLEUR

saans wanneer die om my stil word
trek ek my pasmaak-kleure nader
saans wanneer die donker inkruip
bid ek hardop die Onse Vader

dis van gee en vat op my pasmaak-kleur
dis van drup en skraap oormekaar-kleur

middernag word dit blou-donker
iewers in die naghemel hang klossies sterre
ek skraap my Bybel nader en teken
nog ’n prentjie van my Skepper.

dis van gee en vat op my pasmaak-kleur
dis van drup en skraap oormekkaar-kleur

soggens as die klossies sterre weg is
en die skildery voor my kry ’n naam
drup daar klossies kleur aan my hande
want ek bid die Onse Vader, vir jou en my
dis van gee en vat op my pasmaak-kleur
dis van drup en skraap oormekkaar-kleur

My hande en lyf is gebont van groen en blou
in my koffie staan ’n kwassie en wag
nes ’n eenbeen bliksoldaat winke vir jou
die koffie koud, die bliksoldaat op wag
dis van gee en vat op my pasmaak-kleur
dis van drup en skraap oormekkaar-kleur
ons almal deel in dieselfde prentjie
jy en ek ’n ander kleur
maar saam bid ons die Onse Vader
sonder bang, sonder pretensie.

Ons almal deel in dieselfde prentjie
sonder bang, sonder pretensie.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: