my vreemdeling
nog ’n bitter pil onder my tong
wat later my laat soet slaap
nog ’n lyf wat swaer word
onder die bitter wit
’n bang-wakker-word
en nog ’n laken oor my kop
my oë soek moeg na die
plastiek-velletjie-ontsnap
waarin die bitter-wit vir my wag
en ek kan nie meer so leef
breek uit hierdie hok
kyk my demoon in die oog
en
ek het genoeg gehad
ek is oorvol …
van hierdie bitter-wit
kom vat my hand\
ons stap die pad saam
deur hierdie wilde storm
al is dit koud of warm-weer
ek
wil
net vir jou sê
jy is nie alleen nie
geliefde vreemdeling
vat my hand
vou hom toe in jou growwe vingers
al is jou vingernaels effens donker-vuil
en swart haartjies
kruip op jou bo-vinger
weg…
vat my hand
ek soebat
jou okkerneut oë
het die bitter-wit-seer
uit my lyf geruk
ek het ’n sagte kussing
in die bruin-sproet-vlekkie
langs jou neus gevind
en uit jou baard-mond het jy gesê
Vat my hand, en moenie bang wees.
Leave a Reply