TANNIE HESSIE EN DIE SKROEWEDRAAIER

Dis ’n week voor kersfees en die Vrystaat is ongelooflik mooi. Veral Tweeling. In die hoofstraat woon Tannie Hessie Benson.

Tannie Hessie het haar nog nooit aan tradisies, gewoontes, skinderbekke en allerlei eenvoudighede gesteur nie, maar vandag is ’n buitengewone vreemde dag vir Tannie Hessie.

Sy het haar mooiste broekpakkie aangetrek. Die ligblou een met die groot blommotiewe op. Die een wat haar oorlede man, Charles, so van gehou het. Dieselfde een wat sy die dag met die ontmoeting van die nuwe dominee van die dorp aangehad het.

Oral is blinkertjies, Sequence, crinkel paper, poppies uit karton en met lappe oorgetrek en enige iets wat blink in die winkelvensters. Tot liggies wat tot in alle ewigheid in aan en af gaan. Alle kleure.

Tot in die ou Tradisionele Jood, Meneer Roskinsky, se winkelvenster is kersboompies uit karton geknip en met blinkers en verbleikte sequence versier in die vensters. Hy het dit weer tweedehands by ’n meneer Rabbinovits van Petrussteyn gekry. Suinig soos die houtjie van die galg en lieg soos ’n matroos. Hy het mos alles verkeerdom, tot sy woorde. Dis nou as ’n Arrabier (of is dit ’n Fillistyn?) afrikaans wil probeer praat.

Dis ’n gedoente in Tweeling.

Die ou vrou wat by die sentrale en poskantoor werk het tot so ver gegaan en stringe blink goeters voor die tralies van die toonbank gehang.

Sit elke dag ’n suzaan klip gehang met blinkers in die hare. Aardig.

“Nee wat Lydia, haal af hierdie goed. Dit maak net stof bymekaar dan nies ek weer die hele Godsedag” sê Tannie Hessie en mik mik om die goed wat met wondergom vas is af te haal.

“Hessie, hierdie is my poskantoor. Hier maak ek soos ek wil. As jy van stof wil nies, dan moet jy maar in jou eie huis begin nies”

Tannie Hessie voel warm onder die kraag, vat haar pos en stap uit.

So stap sy reguit na Meneer Huyser se ou winkeltjie en koop daar ’n skroewedraaier.

So loer ek deur die slaghuis se venter en sien hoe sy met die gedoente straat-af hardloop.

“Vandag is hier moord op hierdie dorp” sê ek en gryp my pond wors en storm by die deur uit.

“Kindjie, jy sal my moet vashou, want hierdie dorp is in sy moer in en ek gaan vir hom regmaak” en sy swaai daai skroewedraaier in die lug rond.

“Stadig Antie” is al wat ek kan sê

“Dis van ‘stadig’ dat ons sit waar ons vandag sit. Kyk om jou rond. Alles is deurmekaar. Die mensdom is besig om die wêreld dood te maak. Die wolke lyk anders, die aardbol draai verkeerde kant toe om, die mense kyk skeel, die blou lug raak al dowwer. Iemand moet iets doen. Dis Kersfees en niemand doen iets nie. Almal hang net blink goedjies die wêreld vol. Dis hierdie blink gedoentes wat ons gaan verwoes. Kyk na Lydia in die Poskantoor. Eetlus soos ’n brulpadda, met groot beken al… en al wat sy doen is inluister. Nee man. Dit moet verander” en die skroewedraaier bly swaai in die lug.

Ek probeer die ding afvat by Tannie Hessie, maar al wat sy kan sê is:

“Kindjie, wat weet jy van ’n skroewedraaier af? Jy ken net van rokspatrone, stywe broeke en tuinslange” gaan sy voort.

“hoekom tuinslange?” vra ek

Sy gaan staan, laat sak die skroewedraaier en sê:“Ag kind, ek weet nie…Tuinslange het maar net reg geklink” sy lag.

“Maar Kind, dit is nie reg nie. Kyk die Jood, tot hy hou al Kersfees. Dinge is nie reg nie. Ons moet dit regmaak”

“Tannie, ons kan nie. Dis verby. Dinge het te ver gegaan.Al wat ons nou kan doen is om te bid.”
“Kind, bid help tot op ’n punt, dan moet ons doen”
“Wat stel Tannie dan voor?”
“Vat hierdie skroewedraaier en draai al wat moer is vas”
“Hoe meen Tannie nou?”
“Die mensdom se moere is los. Hulle skorewe is stukkend en gestrip. Ons is die enigstes wat dit nog kan sien. Jy moet die rokspatrone los en help”

So stap ek en Tannie Hessie by elke struik, plant, boom, grasperk, fynbos en enige iets wat soos ’n plant lyk, verby en raak die blaartjies met die skroewedraaier aan.

“Sien, Kind, hulle gaan nou gelukkig wees”
“Ek verstaan niks nie, Tannie”
“Kyk, jy het daardie blom gemis. Raak hom aan.”
Ek raak hom liggies aan.

Meteens word alles om ons stil. Dit wolke word blouer, die aarde draai in die regte rigting en Lydia loer weer soos ’n grootbek brulpadde met ’n gesonde eetlus by die poskantoor venster uit.

“Sien kind, die geheim is baie eenvoudig. Ons gebruik net ’n ster-skroewedraaier, nie ’n flat een nie, want ons bring die Betlehem ster Tweeling toe. Raak daardie een Petualiatjie aan. Hy lyk eensaam”

Ek raak liggies met die punt van die ster-skroewedraaier aan die petulia en daar verander al die Petulias in blinkers en secuence. En dis mooi.

Soms, net soms, moet ons die klein dingetjies verander en net nice word, dan verander alles om ons in blinkertjies. Soms moet ons net die ‘flat’ skroewedraaier omruil vir die sterretjie een. Dis al wat dit vat…

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: