moenie haastig wees
met stadige dinge nie,
my Liewe Takbokkie-mens
my geliefde Tankwa Karoo man
moenie haastig wees met
stadige dinge, jy daar anderkant
die stofpad en duskant die
hopie klippie langs die dam,
want jou het ek lief in die Tankwa Karoo
my lam, my Takbokkie, my Tankwa man
Leave a Reply