SONDAG ETE

“Kom help julle. Ons moet die kos op die tafels kry.” roep Ouma daardie Sondag middag vanuit die kombuis.

Onder die groot peerboom is ’n ou houttafel gedek vir daardie wonderlike Sondagete.
Sussie en haar man met die twee kinders het ook gekom.
Sussie se jongste boetie, sy vrou en die se kinders is ook hier.

Die hele familie bymekaar.

Oupa sit onder die peerboom by die tafel. Hy beduie na Boetie om vir hulle so ’n klein ietsie te gaan ingooi. Maar moet tog nie dat Ouma hoor of sien nie. Net so klein ietsie, Boetie.

Sussie loer oor haar neusbrilletjie terwyl sy versigtig die mes aan die regterkant van die bord sit en die vurk aan die linkerkant.
“Julle gaan vir Ouma kwaad maak” sê sy.

Boetie staan tog op en gaan gooi daai ietsie.

“Kom julle nou man. Skat, jy moet die mes kry, die boud moet gesny word” skreeu Ouma weer.

“;Sussie, het jy die tafel al gedek?”
“Ja, Ouma”

Die kinders (Dis nou neefs en niggies) hardloop deur die groot blombeddings. Hulle loer by die visdam in. Klim in die boom en terg die bure se honde.

“AS daai hond daar uitkom, gaan hy vir julle byt” sê Oupa.

Boetie kom met die “ietsie” en Oupa kruis sy bene en drink daai ietsie baie versigtig.

Dis eettyd.

Oupa moet op die kop van die tafel sit, dan Ouma dan die kinders en dan die kleinkinders.

“Dankie Here vir hierdie kos. Dankie Here vir die hande wat dit gemaak het. Amen”
Dis so mooi.
Dis werklik mooi.
Die klank van tafelgoed wat kletter, messe, vurke en stemme is die geluid van huis wees.
“Kom skat. Sny nog van die boud. Boetie wil nog he. Sny ;n vet stukkie af.”
“Skep sommer vir my nog ’n bietjie rys in. Ouma se ‘gravy’ is maar die beste.”
“Kom skatjie, kry nog ’n gebakte ‘ertappel’.” sê OUma
“Dis aartappel” sê een van die kinders.
“O ja….dis reg…..my skatjie….ertappel.”

Na daardie klomp poedings, soos Ouma dit noem….DOPPERPOEDING…kom daar ’n wind op, wolke stoot op en die eerste groot druppels val.
“Kom gryp die bakke. Kry die vleis. Vat julle die poeding, ek sal die res bring”.
Almal lag.
Die kombuiskaste staan gepak met kos onder spierwit nette. Ouma spuit sulke lang spuite van vliee gif en iewers in die huis sit die mans en rook en praat ou stories.
Ouma sit en brei ’n trui vir ’n nuweling in die familie.
Die kinders kleur prentjie in met vetkryte.

Toe ek my oë oopmaak, is dit alles weg. Al wat nou oorgebly het van die familie etes is selfone, tablette, computers en snaakse programme op tv. Tot die draadloos is weg.
Koebaai nou maar eers, dalk eendag kom ek weer op ’n tafel onder die boom af.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: