EK WONDER.

ek het baie dinge verloor
ek loer oor my skouer
om te sien wie my nog
goedsmoes wil bedonner
ek staan by ’n hoop houd
wonder wie gaan
die eerste vlam gooi
wie gaan die eerste woord
gee om my om te toor
ek wonder wie gaan vir
my kinderliefde gee
soos prentjies in die
kinderbybel van lank
gelede
ek sien hoe jy kringetjies
blaas met Lexinton rook
ek wonder of jy soms
aan my dink soos
spikkeltjies aan ’n
tarentaal se lyfie vas-dink
ek wonder oor ons rooi stoep
elke middag koffie en soet-koek
ek wonder oor die Kloof
wat ons huisie sommer
onder ons uit beroof
ek raak skrik-bang
vir die blink lem in jou hand
rondswaai soos Spur Sparkles
wat jou hemp in repe verwoes,
jou Sondaghemp is nou repie-seer

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: