sy treurwilger-lyf gebuig en seer
breek af in ’n winterwind
ouderdom en ou pyn tot op sy kniee
en wie gee om wat jy voel
en dis my beurt om te skreeu
Gee om vir ons toekoms
more en oormore kan vandag wees
uitgeteer in pyn, afhanklik
en geen plek om te bly
Reik uit, kyk verby jou vingerpunte
en glimlag met jou oudagse, seer lippe…
Leave a Reply