by Spektakel pas, tydens blomtyd
in Namakwaland
het ek op die berg gaan sit
die aarde breek sy bors voor my oop
en die veld blom
die vlakte sing
die wolke doen ’n dans
(’n polka)
en ek glimlag
groet die son
met die mooiste
blom
teen my lyfie
Leave a Reply