en toe die geel verfbuis oopbars
en breek, verkleur die
aarde na sy geel oker-kors
tot iewers in woepterdal
en toe die oranje verfbuis oopbars
en breek, kleur hy die
liefde terug in die
lenteson duskant die horison
en toe die rooi buis oopbars
en breek, kleur hy die
horison in, tot duskant
die son en oker trou
met die horison en die lenteson
liefkoos haar bewende hande
die geel streel haar
botterblom totdat die
son more weer opkom
Met die kleure alles om haar
sing sy haar liedjie tot
in die kaapse hawe
en troos haar in oker se geel.
Leave a Reply