DIE SIRKUS DIER

Breek die stilte van
jare se seerkry en pyn

Hou vas aan vandag…en nou.
Klou vas aan gedagtes van onthou

Speel met die skadu’s teen die muur
en hou jou ysters in die gloeiende vuur.

Maak van my ‘n sirkus dier
staar vas teen jou kamermuur

Totdat jy skreeu
Totdat jy huil
Totdat jy weet
Totdat jy vergeet.

Die stem in my se, ek het jou lief
Jou soet woorde was soos ‘n sluipende dief

Jou sagte kyk het my honger hart gesteel
Dalk het jy net met my siel gespeel…

Sit af die ligte van onthou
kruip weg in die vroeg-oggend-dou

Sit af die ligte van vergeet
kruip weg in die skadu van lief en leed

Want, ek het jou lief..ek HET jou lief.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: