2 aug 2016
vandag
die woud en liefde
in die woud van groot liefkry
staan my boom van gevoel
iewers in die toppe in ’n mikkie
sing kwikstertjie sy oggend liedjie
vir my om my te help
om
klaas vakie se sand uit my oë te vee
my mos-karos nog warm om my lyfie
die hemel wat in die nag ’n doudruppel
op ’n blaar kom sit het
net vir my om die soet van oggend dou
af te proe
die kwiksterjtie kwik-kwik by my verby
’n groen-vlek-duif sing nog ’n liedjie
vis-arend sweef hoog bo die bome om
sy hallo-groet af te gooi tot op
my hart.
Leave a Reply