KONING EN PRINS

Jy gaan die verkeerde man kroon as Koning” sê Tannie Hessie vir die vrou wat deur die sonstoep se venster kyk

“Jy gaan ‘n verkeerde kroon op ‘n verkeerde kop sit” probeer Tannie Hessie weer. Die vrou staar deur die sonstoep se venster.

Buite lyk dinge anders as gewoonlik. Die rotstuin lyk bleek, die kapokkies stap doelloos rond en iewers sit ‘n duif en roep in sy eie taal na iets (of iemand).

Tannie Hessie stap kombuis toe, maak tee en kom weer terug.

“Daardie kinders gaan nie prinse word nie. Die koning is verkeerd” sê sy weer.
Die vrou staar deur die sonstoep se venster.

Die rotstuin lyk nog bleker, die kappokies het stil gaan staan en die duif roep nou in die klank van ‘n kraai.

“Het jy geweet ‘n Kraai Kraai nie. Dis net hoenders wat kraai.” praat Tannie Hessie weer met die vrou.

“Die springbokkies kom in die tuin met sonsondergang” prewel die vrou.

“Los die bokkies, dink aan die kinders.’ sê Tannie Hessie weer.

Die vrou staan op, glimlag en kyk vir oulaas in die spieël teen die sonstoep se muur. Sy lyk goed.

Die kapokkies het gaan lê, die rotstuin het verlep en daar is ‘n doodse stilte in die tuin.

Toe die vrou verby die appelboom stap en die appels lyk soos pere en die pere in die peerboom lyk soos appels toe weet die vrou iets is fout.

“Moenie die vrugte pluk nie.” Skreeu Tannie Hessie deur die kombuisvenster.

“Ek gaan dit pluk. Ek moet dit pluk. Ek gaan dit eet” sê die vrou.

Toe daardie vrou die peer van die appelboom afpluk, gebeur daar ‘n vreeslik ding in Tannie Hessie se tuin.

Die vrou vat ‘n hap van die peer wat sy in die appelboom gebluk het en daar spat die mooiste, rooi, smarrag, soet granaat pitte die wêreld vol. Hulle blink soos smarragte in die middag son. Die mooiste rooi korrels rondom die vrou.

Die kappokkies spring op en begin hartik aan die pitte eet, die duif kom aangevlieg en eet saam. Maar die Kraai wat nie kraai nie kom, verwilder alles en gaan bou ‘n nes met die blink granaat pitte.

“Ek het jou gesê…ek het geweet….ek het dit sien….kom….” en Tannie Hessie stap deur haar huis en die plankvloere kraak.

Daardie aand vrek ‘n appelboom iewers op ‘n plaas. ‘n Peerboom kry dorings en steek al wat voël is dood wat nes geskop het in die boom en ‘n bos rooi bye takel ‘n kuiken…en dit was die begin van ‘n groot einde………. Die kroon het toe op die verkeerde kop beland want die granaatboom het gevrek(die storie vervolg op ‘n ander tyd)….Tannie Hessie is te gebroke om verder te praat

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: