DIE TWEELING WAT HAKKEL

Met die opening van ‘n baie belangrike funksie in die publieke biblioteek, gebeur daar ‘n wonderwerk. Die Smith-Tweeling van die plaas Karringbos het ‘n hakkel probleem gehad. Al wat dokter, spraakterapeut, arbeidsterapeut, Physio, oor-keel en neus specialis het probeer genezing bring, maar die Smith-Tweeling het bly hakkel. Hulle het al die raad gevolg, water gedrink wat vars uit ‘n geut loop as dit gereeën het, blare van die rooiste roose onder hulle tonge gesit totdat hullen asems na ‘n sleezy massage plek geruik het, kasterolie aan hulle tonge gesmeer het en met pruimskille bedek het….alles onder die son probeer, maar die tweeling het bly hakkel.
Die dag by die staatbiblioteek gebeur daar toe ‘n wonderlike ding. Toe Meneer Skutte (Die skoolhoof) die verrigtinge open met skriflesing en gebed, val daar ‘n boek uit die boekrak uit, by die Fiksie, afdeling. Geen mens hoe die boek uitgeval het nie. Daar was nie ‘n siel naby die rak gewees nie en almal het met toe oë gesit en luister. Maar toe die skoolhoof bid van Verlos os van die Bose, toe val daardie boek uit die rak uit, op bladsy 18 lê die boek. Een van die Smith Tweeling skrik so groot, dat hy sy hakkel ingesluk het, die ander een van die Tweeling hardloop na die boek toe en toe Mnr Skutte Amen sê begin daardie kind flot lees en dis die woorde wat hy lees sonder hakkel…..”Met haar sagte lippe streel sy oor die ruiter se oorbel. Hy tel haar saggies op en sit haar voor op die perd neer terwyl hulle die sonsodergang inhardloop. Terwyl sy so voor haar ruiter sit en die gallop voel, word iets hard hier by haar rug. Sy het geweet ‘n sonsodergang kan romanties wees en sy begin voel waar die harde-ding……”en so skreeu Meneer Skutte “STOP STOP STOP….” en in die Smith-Tweeling se gedagtes stop alles. Die een met ‘n hakkel iewers in sy maag en die ander een op ‘n perd iewers in ‘n Sonsondergang

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: