die verfpot drup leeg.
die kunstenaar het hierdie jaar
sy verfkwas woes en wild
rondgeswaai – tot onder
teen die blou see
van Elandsbaai
Die woeste bergwinde het
spikkels kleure tot in die
gleuf van klein-en-fyn
klippertjies laat wikkel –
soos ’n kindjie onder ’n bont
lappieskombers
die heuning-geel katsterte in
die oggendson klap-klap-links en regs
as die wind hom pluk-pluk tot op die
stammetjie geplant in die
geel-oker-aarde.
Leave a Reply