uit my tuin het jy vir my ‘n bossie renonkels gepluk
vanuit jou hart het ek die aanvaar en rangskik
‘n pienk een, helderpienk, ligpienk
‘n rooi een, bloeirooi, helderrooi en dofrooi
sommer so rof rof in ‘n bossie opgetooi
op my houttafel laat die fynblaar-renonkels
my gedagtes na baie ver paaie kronkel.
kronkel my om, kronkel my dink, kronkel my gedagtes
kronkel my aan jou vas.
Leave a Reply