GOLDIE, DIE BOER EN DIE HAARKAPPER (‘n Kortverhaal)

Ek moes geweet het die oomblik toe ek in my Champaigne Goue Audi 100 die lang pad vat, die groot dink in my sou loskom.

Of eerder die antwoorde op die groot dink.

Ek het die 1977 model kar by my pa geerf. Ek hou baie van die kar. Hy het net ’n ou radio in wat kassette kan speel. In die paneelkassie is ’n Cora Marie kasset en ’n Klipwerk Boere orkes een. Ek het sommer besluit om die kar Goldie te noem. Net so. Eenvoudig genoeg.

Dis ’n ou kar, maar hy makeer net mooi niks nie. Kan 110 km per uur ry en dis genoeg.

Ek sit toe maar die Caro Marie kasset in toe ek verby ’n bordjie ry wat sê Sannieshof.

Die musiek bring ou dink terug na my toe. Ek hou daarvan en tot my verbasing sing ek saam.

Voor ek my oë twee keer kon knip, is ek by Sannieshof in en by die anderkant uit. Dit vat net een liedjie van Cora Marie om deur die dorp te kom, en dit sluit die stopstraat in asook die taxi wat in die middel van die pad gestop het.

“Dalk moet ons stop vir ’n koffie.” praat ek met myself. Iets wat ek deesdae baie doen.

Ek stop by ’n tee tuin so onder ’n bos bome. Dit lyk vir my lekker hier.

“Kan ek ’n koffie kry asseblief en ’n toebroodjie” bestel ek en kyk vinnig om my rond.
Hier is heelwat mense in die plek. Lyk almal soos boere wat hier bymekaar kom.
Hulle lag en vertel grappies. Sommige praat agter hulle hande met mekaar.
“Dis skinder” dink ek en glimag.
“Kleindorpie-ding” loop die dink nog in my kop rond en so begin ek na hom verlang. Die een vir wie ek so lief was, wat my net so gelos het. Blykbaar vir sy loopbaan. Sy werk sou hom Australie toe gestuur het en daar sou hy ’n groot pos kry met baie geld.

Die gedagte laat my van voor af hartseer voel.

“Ja, liefde is ’n snaakse ding” dink ek

“En waarheen is jy so alleen op pad” hoor ek iemand praat.

“Ek weet nog nie” is al wat ek kon uitkry.

“Ons kan dit vinnig verander”

Toe ek omkyk staan hy daar.

Lank. Donker. Khaki klere aan. Bruin gebrand. Kort broek. Al hierdie kort woorde wat mens in liefdesverhale lees as die ridder op sy wit perd opdaag. Maar vandag is dit nie ’n liefdeserhaal nie. Dis regtig-egtig.

“Wynand Marais” en hy steek sy hand uit.

“Salomé Fray” sê ek en steek my hand uit.

“Mag ek maar sit”

“Ja, natuurlik, maar ek is byna klaar. Daar is nog ’n lang pad.”

“Ek dog jy weet nie juis waarheen jy oppad is nie”

“Dit is so ja, maar ek wil in die Kalahari wees voor donker. Die sterre is blykbaar beeldskoon in die nag. Ek het dit nog nooit gesien nie”
“Dis is ja. Besonders mooi. Maar dis koud in die aand daar. Ek hoop jy het warm klere ingepak.”

Vir ’n oomblik wonder ek hoekom hierdie mooi man met my moes kom gesels. En kyk hoe lyk ek. Sommer ’n denim, T hemp en ’n ou trui. My hare is nie eens behoorlik gekam nie.

“Nou ja toe. Ek sal seker maar moet gaan. Dankie vir die gesels.” sê ek en mik om die rekening te betaal.

“My plesier. Ek sal dit kry.” sê hy.

Hoekom sou ek nou skuldig voel. Micheal is in Australie en hier gesels ’n mooi boer met my. Dit is mos nie so verkeerd nie. Ek is nog jonk en boonop alleen. Ek kry ’n glimlag toe ek aan my vriend, Basil, wat hare doen dink wat gesê het:

“Girl, you beautifll and the youth is still on your side. Go for it meisie en gaan haal jou toekoms iewers”

Vir ’n oomblik wens ek Basil was hier om hierdie man te sien.

Ek gaan hom bel.

Ek gaan staan onder die groot boom en bel sy nommwe. Die telefoon lui.

“Basil hier” sê hy.

“Basil, dis Salomé. Pla ek?”

“Hi Meisie, wat is fout? Waar is jy?”

“Niks is fout nie my Darling, ek moet jou iets vertel.”

“O Vertel alles, van die begin af en los niks uit nie”

Dit is tipies Basil wat so kan praat.

“Ek is in Sannieshof en hier is ’n mooi boer wat met my kom gesels het. Hy het vir my koffie betaal en gesê die sterre in die Kalahari is mooi.” rammer ek alles in een asem af.

“Meisie, is Sannieshof in die Kalahari. Sannieshof? Klink soos Sannie wat Sewe Sakke Sout moet eet. Jy weet, daardie liedjie van Anneli Van Rooyen. Is die boer mooi? Waarmee boer hy. Het jy al ’n sak sout begin eet saam met hom?”

“Stadig nou, Basil. Moenie laf wees nie. Ja hy is mooi, baie mooi en nee ek is nie in die Kalahari nie. Dis nog baie ver. Ek dink Sannieshof is Noord Wes. Maar ek weet nie of ek die boer se telefoon nommer moet vat nie. Hoe sê jy altyd as twee mense ontmoet?” en ’n hartseer glimlag kom sit op my mond.

“Niks is toeval nie, Meisie. Alles is beplan. Jy moet oppertunities raaksien en dit vat asof dit joune is. Hoor wat ek vir jou sê. Ek praat van eerste handse ondervinding. Daai dag toe Wynand vir my gesê het hy is verlief op my, moes ek dit aangegryp het, maar nee, ek het mos van beter geweet en dit gelos. Kyk nou, vandag is ek so spyt daaroor” babbel Basil

“Basil, my darling, wat het jy nou net gesê?” en ek gaan staan met my rug teen die growwe boomstam. Dit voel of my bene lam word en ek sak stadig af tot op my hurke.

“Ek sê, daai dag toe Wynand…”

“Ja, ja. ek weet. Hierdie boer se naam is ok Wynand. Is dit nie dieselfde mens nie?” vra ek bevrees.

Basil lag vreeslik uitgelate.

“Salomé meisie, vra vir jou Wynand of hy kan blomme doen, dan sal ons weet of dit dieselfde mens is, maar ek twyfel baie sterk. Onthou, niks is toeval nie. Maar wag, ek kan nie so klets nie. Die vrou se perming lotion gaan haar hare afbrand as ek nie nou gaan spoel nie. Baai for now” en daar groet ons.

Nou wat moet ek nou doen. Dis al laatmiddag, seker so 3 uur en ek wil in die Kalahri wees teen donker. Maar ek wil ook Wynand Marais se telefoon nommer kry. Of altans, net nog een keer met hom gesels.

Dalk moet ek net vir ’n rukkie in die kar gaan sit en dink. Dit sal help. Diep asem haal. Basil sê mens asem in vir vier tellings en uit vir vier tellings. Ek doen dit.

Ek klim weer by die kar uit en voel dat dit luggie koel word. Winter is sterk oppad. Dalk moet ek net ’n pakkie biltong gaan kry en ’n koeldrank vir die pad. Of dalk moet ek liewer gedroogde vrugte koop. Mens weet nie hoe lank dit pad nog is nie.

“Nee, kry jouself bymekaar en ry verder. Moenie nou kop verloor nie” praat ek hardop met myself.

So skakel ek vir ou Goldie aan en ry die dorp uit. Cora Marie sing en al wat ek kan sien is ’n donker boer met khaki klere.

Net buite die dorp gee Goldie ’n sluk en ’n ruk en Cora Marie hou op sing.

“Wat nou?”

Ek ruk aan die sleutel, dan aan die stuurwiel, dan aan die ratte. Niks nie. Goldie is dood soos ’n mossie.

“Ja, dit kom daarvan ek ek hals-oor-kop wil staan ek verlief raak op ’n vreemdeling.”

Gellukkig is ek nie te ver van die dorp af nie. Ek weet dat ek nou net verby ’n vulstasie gery het. Ek kan daarheen stap en hulp gaan soek. Dis nie die einde van alles nie.

En so stap ek. Met my ou jeans en groot woltrui vat my voete ’n stap-ritme en ek geniet dit.

“Hoe kan mens so situasie geniet?” vra ek hardop

“Girl, niks is toeval nie” hoor ek weer Basil se stem.

Ek besluit toe maar om hom weer te bel.

Ek bel die nommer en hoor die foon lui.

“Hallo….” sê hy

“Basil, Goldie het gaan taan en ek weet nie wat om te doen nie. Ek het gestap tot by ’n vulstasie toe dink ek aan wat jy gesê het dat niks toeval is nie. Ek moes Wynand Marais se nommer gevra het. Kyk nou die gemors.”

“O my skat, dis tragedy. What can I do?”

En so terwyl Basil nog raad gee, stop ’n groot Land Rover langs my.
“En as jy so stap. Wat gaan aan?”

Dis Wynand Marais.

“O hier kom ’n ding. Meisie, vat hom. Niks is toeval. Ek sal jou hare vir die troue doen” hoor ek Basil se stem ver weg op die gehoorstukkie terwyl ek my arm stadig laat sak tot langs my sy.

“Kom, klim in, dat ons kan ry. Ons moet voor donker in die Kalahari wees. Die sterre gaan helder skitter vanaand” sê hy en maak die kar se deur oop.

En daar, so tussen Sannie se Sewe sakke sout, Basil se goeie raad en my stukkend kar het ek ’n ster gepluk, en dit in my sak weggesteek. Vir altyd.

“Ja Basil, jy kan my hare doen vir die troue, maar dis in die Kalahari” en ek glimlag.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: