Anderkant die spruit, net so links van die wilgerboom loer Aardklop vir die laaste keer na sy mense.
Anderkant die akkerbome, net so verby die donker kafee wat dof is van die rook , loer Aarndklop vir sy mense.
Anderkant die ou gebou by die universiteit waar die swaeltjienes al jare hang, loer Aardklop na sy mense.
Anderkant die swaeltjie nes loer nog ‘n swaeltjie vir die laaste keer na die mense, en waai met sy een vlerkie vir Aardklop.
Koebaai Aardklop, Koebaai swaeltjie, koebaai spruit, koebaai wilgerboom, koebaai kafee, koebaai akkerboom….koebaai
Leave a Reply