suikerbekkie
jan-frederik
piet my vrou
hou my vas en
vou my gou gou
in jou arms
kraalogie
ringnekkie
heuningvanger
hou my vas, net
bietjie langer
houtkappertjie
vinkie en
mossie-hier en daar
moet my seblief nie
lossie
want sonder jou
sal ek nie kan leef nie
net so….
Leave a Reply