Iewers, net iewers in my
kruppelbestaan, dink ek
myself weer aan jou vas
soos hoe jy was
Iewers, net iewers in my
eerste-stap-bestaan wens
ek myself weer aan die hemel vas
Vir jou pluk ek ‘n rooi blom
en gaan gom dit aan die hemel vas
Vir jou, net vir jou vou ek in die
melkweg toe
en pluk ‘n ster vir jou
toe lag jy en
ek weet,
ek weet, en vra
lag net een
keer weer
Leave a Reply