Vandag gaan soek ek veldblomme
Miskien te vroeg vir kosmos
Dans in lang tamboekie gras
Rondomtalie arms vlerkgesprei
Sonder my donkerbril
Kyk ek gesigop na God se hemel
Ek vang strale herfsson
Bêre dit in jou hart net nog dié seisoen
vir die winteralleen
Leave a Reply