jy lyk so mooi vandag
jy lyk so mooi
handgemaak, uitgekerf, vernuf
jy lyk so mooi,
die Oostewind se krag
die vaalgrys oggend-mis
oor die see lig oop, oper, oopste
Jy lyk so mooi vandag
jy lyk so mooi
Die poppelier-bos se grondtapyt
die laatmiddag-wind iewers doer bo
blaas longe vol wind.
Jy lyk so mooi vandag
jy lyk so mooi
jou fesrooi hare rooiblink
jy lyk so mooi.
Leave a Reply