jy het jou karos wawyd oopgegooi
my genooi om neffens jou te sit
en toe jou rotshuis mooi gemaak
blomme in ’n bakkie gesit
hier by my het jy klossiesgras gesit
die knoop in my maag
losgemaak.
jy is die heuwels in my hart
slaap saggies, slaap rustig
Leave a Reply