knoop jou vingers
in myne vas
waar die rooidag
vir ons wag
maak jou lyf aan
myne vas waar
ons in die klossiesgras
lê en lag
vang my gesig in
jou hande vas
spin ’n kokon waar
jy vir my sing
maak my winterlyfie warm
in jou nessie van
wol en katoen
jou baardmond soen
my lam
my vinknessie
my kraalogie
my fiskaal
my ringnekkie
my heuningvanger
haal my net uit
die wipper se wip
Leave a Reply