DUISENDPOOT SE DANS
Duisendpoot se spoortjie in die sand
voorspel groot reen iewers op pad
Lappies wasgoed op die doringdraad
wapper heen en weer vir betyds droog word
Vinnig trippel hy deur die sand
en rol toe as iemand hom hinner
“roltoes” soos hulle hom hier noem
duisendpoot se spoortjies in die rooi sand
Daar kom die reën, laat ons dans
donderende druppels op die dakplaat
weerlig slaan op die horison, woedend
soos ’n sambok vir daai weghol hings
Duisendpoot loer onder sy eie krul uit
sy spoortjies weggespoel in die rooi sand
kinders trippel sopnat onder reëndruppels
opsoek na weerkatsings in waterpoele
Sing vir my…
Sing van die hings in die reën
Sing van die vrou wat reëndruppels opvang
Sing van die pou wat koes-koes trippel
Sing van die man wat nog ’n boom plant
Sing van die haan wat later drie keer gaan kraai.
Leave a Reply