die ou houtkoffer lê oopmond
op die bed
soos ‘n honger monster
gereed vir pad vat en weggaan
ou houtkoffer ken my seer en vrees
van elke keer se koebaai en
elke wegstap-voetval
Troos my net voor ek moet gaan
net een keer
Van al die onthou wat nie onthou wil word nie
Van Cobra Touch skool gange
tot Stof besprinkel Treinkompartement
Klink-Klak Klik-Klak
die spoor se liedjie verby buffelsgras
Klik-Klak Klik-Klak
die val van ‘n koshuisvader grashopper skoensool
in die donker gang van bang
klik-klak klik-klak
die ritme van my bang hart
wat net banger word
klik-klak kli-klak….nou kliphard
troos mu net voor ek moet gaan
net een keer
seblief
Leave a Reply