Cierenberg

Malutie berge, drakensberg, swartberge en tafelberg
maar die grooste berg van almal bly my pa se berg hy’s mos Cierenberg

met ’n afgeskeerde kiekie skuil in ’n raam
teen my muur wat gekoop is met ’n tiekie

maar nou val daar ’n tarrentaal se veer
en dit fladder na wie weet waar

soos ongepraate sinne, word die woorde van my
lippe ’n ruiter van my kudde
Jesus maak my hartjie ruin, koggel soos akkoorde

nes die liedjie wat ek sing met optelwoorde

Flenter Jeans in hang t shirt
het nie saak gemaak nie doerie tyd

Join the dots
en boontjiesop

inkleurkry op ’n Bollie Boek
Malutie berge, drakensberg, swartberge en tafelberg
maar die grooste berg van almal bly my pa se berg hy’s mos Cierenberg

met ’n afgeskeerde kiekie skuil in ’n raam
teen my muur wat gekoop is met ’n tiekie

maar nou val daar ’n tarrentaal se veer
en dit fladder na wie weet waar

Huis Paleis, Pondok Varkhok
Slangetjies en leertjie met ’n dobbelsteen

Kraalmis en Modderwater
bou ek kastele lang die hoenderhok

Malutie berge, drakensberg, swartberge en tafelberg
maar die grooste berg van almal bly my pa se berg hy’s mos Cierenberg

met ’n afgeskeerde kiekie skuil in ’n raam
teen my muur wat gekoop is met ’n tiekie

maar nou val daar ’n tarrentaal se veer
en dit fladder na wie weet waar

en snags as ek sterre pluk
droom ek oor die dinge wat ek nooit gehad het nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Start a Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: